Wie is ons?

Ahhh, what a question!

Ons is ‘n gewone Pappa en Mamma met twee tiener dogters. Abba het ons geroep om jou te help om jou identiteit te vind en vas te maak. Ons besef dat dit vandag baie moeiliker is as self 10 jaar terug en dat julle vandag ander uitdagings het as wat ons as kinders gehad het. Daarom kyk ons bietjie anders na dinge. Ons benadering is om mekaar te leer, dus leer ons by julle en julle leer by ons. Ons het beide ook ‘n pad van herstel gestap saam met Jesus omdat nie een van ons se lewens perfek was nie, maar wie s’n is? Ons wil graag saam met jou ‘n pad stap sodat jy ook genesing, vrede en vreugde kan vind en sterk en verseker kan wees oor wie jy is en waarvoor jy geskape is. Ons is albei nog besig om te studeer. Ons rigting van studie is “Restoration Ministry” - Ons het geen idee hoe ons dit in Afrikaans sê en “cool” laat klink nie (Hie- hie) Ons is lief vir die buitelewe, speel graag en hou van braai en kuier. So kom sluit gerus by ons aan!
Cuppaluv

Wie is ons?

Ahhh, what a question!

Ons is ‘n gewone Pappa en Mamma met twee tiener dogters. Abba het ons geroep om jou te help om jou identiteit te vind en vas te maak. Ons besef dat dit vandag baie moeiliker is as self 10 jaar terug en dat julle vandag ander uitdagings het as wat ons as kinders gehad het. Daarom kyk ons bietjie anders na dinge. Ons benadering is om mekaar te leer, dus leer ons by julle en julle leer by ons. Ons het beide ook ‘n pad van herstel gestap saam met Jesus omdat nie een van ons se lewens perfek was nie, maar wie s’n is? Ons wil graag saam met jou ‘n pad stap sodat jy ook genesing, vrede en vreugde kan vind en sterk en verseker kan wees oor wie jy is en waarvoor jy geskape is. Ons is albei nog besig om te studeer. Ons rigting van studie is “Restoration Ministry” - Ons het geen idee hoe ons dit in Afrikaans sê en “cool” laat klink nie (Hie-hie) Ons is lief vir die buitelewe, speel graag en hou van braai en kuier. So kom sluit gerus by ons aan!
Cuppaluv