Wat doen ons?

Ons besoek skole met ons toneelgroep wat verskeie tonele opvoer om sodoende jong mense bewus te maak van hulle identiteit. Ons fokus op die mees algemene probleme waarmee tieners deesdae te doen kry. Ons het dan verskeie buitemuurse aktiwiteite waarby hulle kan inskakel. Hier leer ons hulle meer oor hoe om hierdie uitdagings wat hulle daagliks teëkom, te hanteer en help ons hulle om hulle ware identiteit te ontgin en vas te maak.

Profetiese dans & Profetiese skilder

Het jy nog altyd ‘n passie vir dans of skilder gehad? DIt maak nie saak of jy ‘n danser is wat al jare dans en of jy net jou voet wikkel op die maat van musiek nie. Of jy al 100 skilderye onder die knie het en of jy nog net met jou vingers in die kleuterskool geverf het nie. As hierdie jou passie is en jy wil leer om dieper te delf, dieper in jou talent en dieper in jou hart is hierdie die aktiwiteit vir jou. Stuur gerus vir ons ‘n epos na info@cuppaluv.org vir meer inligting.

‘n Dag by die Viswater

Voel jy ingehok of wonder jy net wat doen die ouens as hulle so langs die water sit met die visstokke of is jy dalk al ‘n gesoute visserman wat net smag om bietjie vir ‘n dag weg te breek van die haas en geraas rondom jou. Nou waarvoor wag jy? Ons verskaf al die toerusting of jy kan jou eie bring as jy het, ontbyt terwyl die son opkom, middagete en ‘n onvergeetlike dag in die natuur. Stuur gerus vir ons ‘n epos na info@cuppaluv.org vir meer inligting of om te bespreek.

Avontuur in die natuur

Hier kan jy kies tussen twee avonture. 1. Buitelug avontuurbaan ‘n Heerlike avontuur in die buitelug, ons begin met twee aktiwiteite (daar is 7 waarvan ons kan kies) Verfbal (Paintball) Air Riflery (Ek dink dis winbuks skiet in afrikaans) Massiewe swaai Klim muur (6m) Splatmaster (Lae impak verfbal) - Minder bloukolle Water gewere Pyl en Boog skiet 2. Perdry Jy hoef nie ‘n ekspert perde ruiter te wees om by ons aan te sluit vir hierdie uitstappie nie. As jy lief is vir perde maar nie wil ry nie kan jy ook gerus by ons aansluit. E-pos ons by info@cuppaluv.org vir inligting of om jou plek te bespreek.

Kom ons fokus

Jy het nie jou eie kamera nie maar wou nog altyd mooi fotos neem. Hierdie is die plekkie vir jou. Ons verskaf die toerusting sowel as jou eie usb stokkie vir al die pragtige foto’s wat jy gaan neem. ‘n Professionele fotograaf leer jou van begin tot einde. Dinge soos beligting, spookbeelde, en al daardie ander terme waarvan ek nie so lekker uitmaak nie. Dalk moet ek ook inskryf vir so een, wat dink julle? Ons neem fotos op verskillende plekke vanaf die Botaniese tuine tot ‘n wildsplaas, mense, portrette en sonsondergange. Om jou plekkie te verseker of om meer inligting te kry e-pos ons by info@cuppaluv.org.
Cuppaluv